OUDTSHOORN NUUS - 'n Oud Gimmie, Hugo Erasmus, en die Stilbaai-kragbootrenjaer, Raynor Becker, is as nommer een in die Pro Stock-klas in die land aangewys.
Erasmus en Becker het met die afgelope nasionale kragbootkampioenskap die Pro Stock-klas op 24 Junie gewen.
Erasmus is die seun van wyle Hugo Erasmus (senior) en Marlene. Marlene het die afgelope week gesê sy is baie trots op haar seun se prestasies.
Erasmus en Becker sal nou Suid-Afrika by die Wêreldkragbootkampioenskap van 28 September tot 8 Oktober by die La Grande Motte in Frankryk verteenwoordig.
Hugo Erasmus en die Stilbaai-kragbootrenjaer, Raynor Becker in aksie. Foto Heinrich Sauer Photography'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'