OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Eden-hengelvereniging se tweede somerliga-kompetisie het 47 oneetbare vis en 28 eetbare vis opgelewer.
Die kompetisie het op Saterdag 21 November tussen Groot-Brakrivier en Hartenbos plaasgevind.
Renier Nortjé was met 83,26 punte die tophengelaar van die dag. Met 48,09 punte was Marius Baard (o.21) die topjunior hengelaar. Jakobus de Jager, met 35,81 punte, die topmeester en Nicole Crause met 3,18 punte en die top o.16-hengelaar.
Die hengelaars het om 06:00 by Klein-Brakrivier se monding bymekaargekom. Om 07:00 is die lyne ingegooi en om 16:00 is die stokke opgepak.
Die grootste eetbare vis, 'n mosselkraker van 3,99 kg, is deur Jacques Snyman gevang.
Nortjé het die grootste oneetbare vis, 'n 83,26 kg bulrog pylstert, uitgetrek.
Renier Nortjé van Knysna-hengelklub met 'n bulrog pylstert van 83,26 kg.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, en aanlyn.