OUDTSHOORN NUUS - Riaan Heunis (197,75 punte) is Saterdag 24 Maart as die Eden-hengelvereniging se tophengelaar van die dag met die agtste somerliga aangewys. Die ligahengel het by Stilbaai plaasgevind.
George-hengelklub het met 466,07 punte die spankompetisie gewen. Marius Baard (o.21) het met 116 punte die junior afdeling gewen, terwyl Jaunco Bosshoff (11,06 punte) die o.16-trofee ingepalm het.
Peet May (22,34 punte - top-grootmeester), Kallie Erasmus (90,43 punte) en Elzaan Cronjé (10,28 punte) het hul onderskeie kategorieë gewen.
Die grootste eetbare vis is, 'n 14,75 kg-geelstert is deur Bernard van Wyk gevang. Heunis se 193,27 skeurtandhaai is as die swaarste oneetbare vis ingeweeg.
'n Totale massa vis van 1737,38 kg vis is geland. Dit was 381 oneetbare- en 42 eetbare vis.
138 hengelaars het aan die liga deelgeneem.
Riaan Heunis met n skeurtandhaai van 193 kg.
Die posisies van die klubs is:
A-liga (klub, punte)
- Stilbaai: 1 309,88
- George: 1 008,73
- Knysna: 701,41
- Triton: 690,36
- Outeniqua: 519,73
- Atlantic: 391,78
- Mosselbaai: 145,54
B-liga (klub, punte)
- Stilbaai: 465,67
- George: 445,01
- Triton: 355,58
- Atlantic: 296,71
- Knysna: 168,91
- Outeniqua: 126,94
- Weermag: 1,21
C-liga (klub punte)
- George A: 291,33
- Stilbaai C: 248,30
- Atlantic A: 166,99
- Triton: 67,69
- Outeniqua: 51,68
- Atlantic B: 14,47
- George B: 1,12
- Knysna C: 0,79
Top-5-hengelaars was: (klub punte)
- AJ de Beer (Stilbaai) 276,39
- Riaan Heunis (George) 241,94
- Marius Baard (George) 223,78
- Raldo Potgieter (Stilbaai) 215,25
- Dirkie Saayman (Stilbaai) 194,55
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'