OUDTSHOORN NUUSFLITS - Alex Smidt van Triton-hengelklub, Mosselbaai, het Saterdag 20 Januarie met 61,90 punte die vyfde somerliga van die Eden hengelvereniging gewen.
Die liga het by Boggomsbaai plaasvind.
143 hengelaars het 05:00 by Stoepsit bymekaargekom en om 06:00 het hulle lyne natgemaak.
Om 15:00 is die laaste lyne inkatrol. Triton-hengelklub het daarin geslaag om die swaarste sak vis (170,21kg) in te weeg, "Hulle het 179,1 punte verwerf.
Die topjunior van die dag was Nicole Crause (o.16) van George-hengelklub met 18,22 punte.
Top-grootmeester was Johan Strauss van Outeniqua-hengelklub met 13,14 punte.
Kallie Erasmus van Knysna-hengelklub se 18,94 punte het om die top-meesterhengelaar van die dag gemaak.
Nicole Crause (18,22 punte) was die topvrou.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'