OUDTSHOORN SWEM NUUS - Drie swemmers van die Freda Barnard-swemskool op Oudtshoorn, Jancke Potgieter, Jada Coetzee en Christiaan van Biljon het die afgelope naweek uitstekend by die
Eden-kampioenskapgala gevaar wat by die NA Smit-swembad gehou is. Die kampioenskap is oor twee dae (Vrydag en Saterdag) beslis en het gemiddeld 400 toeskouers per dag gelok.
Altesaam ses swemklubs van Eden-distrik het deelgeneem aan dié gala wat die Knysna Dragons, Royal Swimming Academy, Beaufort West Stars en die verskillende takke van die Fish Eagle-klub ingesluit het.
Swemmers het ook hierdie gala gebruik om hul algehele tye te verbeter om vir die SA swemkampioenskappe te kwalifiseer wat vroeg aanstaande jaar plaasvind. Vlak drie van die SA kampioenskappe sal volgende jaar April by die NA Smit-swembad wegspring.
Jada Coetzee. Foto: Wyndham Ewerts
Die Freda Barnard-swemskool swemmers wat medaljes ingepalm het:
- Jancke Potgieter - 50 en 100 m-borsslag (goud), 50 m-vlinderslag en -rugslag (silwer), 200 m individuele wisselslag (brons), 200 m-borsslag (brons), 50 m en 100 m-vryslag (brons) en 200 m-vryslag-aflos (brons).
- Jada Coetzee - 200 m-vryslag (silwer).
- Christiaan Biljon - 200 m-vryslag aflos (brons).
Christiaan van Biljon. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'