OUDTSHOORN NUUS - Meer as 300 swemmers van sover as Kaapstad en Oos-Londen het van Vrydag 3 November tot Sondag 5 November na Oudtshoorn gereis om aan die 36ste Freda Barnard-swemgala in die NA Smit-swembad op Oudtshoorn deel te neem.
Die algemene bestuurder van Eden-swem, Raymond Pollicutte, het Dinsdag sy tevredenheid oor die drie dae se swem uitgespreek.
Hy het dit as 'n groot sukses beskryf.
Swemmers het in ouderdomsgroepe van o.8 tot o.19 deelgeneem.
Die volgende gala, die Eden-distrikskampioenskappe, vind op Vrydag 24 en Saterdag 25 November op Oudtshoorn plaas.
Die uitslae is op Eden-swem se webtuiste beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'