OUDTSHOORN SWEMNUUS - Die Eljada-nasorg instituut vir gestremdes op Oudtshoorn het op 8 Maart hul maandelikse swemgala by die NA Smit-swembad gehou.
Die doel van hierdie swemgala is om die leerders liggaamlik te ontwikkel, en ook vir ontspanningsdoeleindes het Rensie Prins (opvoeder) gesê. Vanjaar is die vroulike leerders elke dag afgerig om gesinchroniseerde danspassies tydens dié gala uit te voer.
"Ons het sommer groot pret gehad met die oefeninge en beoog om die danspassie-roetine 'n jaarlikse instelling te maak.
Die leerders het ook aan verskillende spanbouspeletjies soos toutrek en treintjie-swem deelgeneem.
Paul Amas en sy groep, House of Entertainment, het oudergewoonte gratis vermaak en musiek vir die dag verskaf.
Die galaverrigtinge is Vrydag 15 Maart afgesluit met Mr. en Mej. Waterdruppeltjie wat by Eljada-nasorg se perseel plaasgevind het.
Groot pret terwyl die swemmers 'n treintjie in die swembad vorm.
Swemmers van Eljada-nasorg baljaar in die water. Foto's: Pan Abrahams
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'