OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-hengelvereniging se eerste somerligabyeenkoms het Saterdag 30 September by Kanon plaasgevind.
Hengelaars het om 07:00 van Gouritsmond af tot by Vegkop begin vis.
Stilbaai-hengelklub het 39.92 punte ingesamel en die beste van die hengelklubs gevaar.
Antoi Forbes van Knysna-hengelklub, met 16.24 punte, was die tophengelaar van die dag. Marius Baard (o.21) van die George-hengelklub was die beste junior hengelaar en Lester Botha (Knysna-hengelklub) die topmeester met 2.73 punte.
Die topvrou was Antoi Forbes met 16.24 punte en Dehan Raal (6.22 punte) die beste o.16-hengelaar.
Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 5,77 kg, is deur Antoi Forbes (Knynsa-hengelklub) gevang en die swaarste oneetbare vis, 'n hondhaai van 15,63 kg, is deur Stefan van Huyssteen (Stilbaai-hengelklub) ingeweeg.
Die totale massa vis wat gedurende die kompetisie gevang is, het die skaal op 183,05 kg laat kreun. Daarvan was 43 oneetbaar en 60 eetbaar.
Altesame 140 hengelaars het aan die liga deelgeneem.
Die top-5-hengelaars vir die dag was: 1. Antoi Forbes (16.24), 2. Stefan van Huyssteen (15.63), 3. Hein Gossmann (15.27), 4. Matthew Sumner (13.38) en 5. Henrico Lesch (13.27).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'