OUDTSHOORN NUUS - André Coetzee van Stilbaai-hengelklub was met 33,09 punte Saterdag 25 November die Eden-hengelvereniging se tophengelaar.
Stilbaai se hengelaars het ook die dag se hengel met 64,08 punte gewen.
Die kompetisie was die vierde van die somerliga en het by Boggomsbaai plaasgevind. Die hengelaars het 06:00 by Stoepsit bymekaargekom.
Die kompetisie het 07:00 begin en almal moes om 15:30 ophou hengel.
Die topjunior van die dag was Luan Els (o.21) met 0,91 punte. Johan van Rensburg (19,99 punte) was die topmeester hengelaar.
Die top-grootmeester was Lester Botha met 14,57 punte.
Marina Fouche (5,96 punte) was die top-dameshengelaar. Die top o.16-hengelaar was Michael Buchle (16,36 punte).
Die grootste eetbare vis, 'n steenbras van 4,33 kg, is deur Henrico Lesch gevang.
André Burger met 'n belman van 3,16 kg.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'