Heelwat van die vis wat gevang is was eetbare vis.
Raldu Potgieter, van die Stilbaai Hengelklub, het die grootste vis, ‘n beenbek van 19.8kg, ingeweeg terwyl Johan van Rensburg, van Mosselbaai Hengelklub, ook ‘n mooi beenbek van 10kg gevang het.
Cornel Grundlingh, van George Hengelklub, het die grootste oneetbare vis gevang toe hy ‘n sloephaai van 25.6kg geland het.
In total is 90 vis gevang waarvan 85 weer lewendig teruggeplaas is.
Die punte van die dag is:
- A-liga: 1 Atlantic 78.73; 2 Stilbaai 74.01; 3 Mosselbaai 54.87; 4 George 53.87; 5 Triton 53.26; 6 Knysna 26.05; 7 Outeniqua 24.92.
- B-liga: 1 Outeniqua 31.57; 2 Atlantic 30.48; 3 Stilbaai 14.02; 4 Triton 9.53; 5 Weermag 7.56; 6 Knysna 3.44; 7 George 0.46.
- C-liga: 1 Atlantic 14.51.