OUDTSHOORN NUUS - Drie swemmers van die plaaslike Freda Barnard Swemskool het die afgelope naweek die Eden swemkampioenskappe oorheers deur verskeie medaljes te wen.
Anlize Vermeulen en Jada Coetzee het albei die Victrix Lodurum trofees ontvang vir junior sowel as senior dogter swemmers.
Delia van Biljon, hul afrigter, sê die feit dat altwee swemmers van Oudtshoorn hierdie trofees kon inpalm maak dit voorwaar’n besonderse prestasie in die geskiedenis van die dorp.
Jancke Potgieter het ook vanjaar een van haar beste galas geswem deur verskeie medaljes in haar ouderdomsgroep te wen. Ongeveer 110 van die beste swemmers van oor die hele Edenstreek het vanaf 23 tot 24 November 2018 aan diè gala by NA Smit swembad deelgeneem.
Medaljes wat die swemmers ingepalm het
- Anlize Vermeulen (agt goud),twee (silwer) en ook die Victrix Lodorum trofee vir senior dogters.
- Jada Coetzee (sewe goud), vyf (silwer) en ook die Victrix Lodorum trofee vir junior dogters.
- Jancke Potgieter (een goud) en drie (silwer)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'