OUDTSHOORN NUUS - Garnett Wicomb van die Wesbank-tennisklub het Woensdag die enkelspeltitel in die ouderdomsgroep 75+ by die 2017 Eden seniors ope tennistoernooi op George gewen.
Wicomb het Kurt Werner van die Westelike Provinsie in die eindstryd met 4-6, 6-4, 10-6 geklop.
Hy het ook saam met Raj Nanganna van Kwazulu Natal die dubbelspel in die 70+ ouderdomsgroep gewen, nadat hulle vir Werner en Paulus Zulu van Kwazulu- Natal met 6-4, 4-6, 11-9 geklop het.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'