OUDTSHOORN NUUS - Garnett Wicomb (81), bekende tennisspeler van Oudtshoorn, is onlangs vir die vyfde keer gekies om Suid-Afrika in die buiteland te gaan verteenwoordig tydens 'n tennis wêreld meesters-spankompetisie.
Wicomb is gekies vir die 75+ SA span wat van 10 tot 15 Maart in Manavgat, Turkye, aan die 2024 ITF Wêreld Meesters-spankompetisie gaan deelneem.
Vir Wicomb is dit goeie nuus nadat die span waarvoor hy verlede jaar gekies was om in Spanje te gaan speel, onttrek moes word.
Lees meer in vandeesweek se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’