OUDTSHOORN NUUS - Garnett Wicomb (81), bekende veteraantennisspeler van Oudtshoorn en vryskutjoernalis vir Oudtshoorn Courant, vertrek vandag na Manavgat, Turkye, om aan die 2024 ITF Wêreld Meesters-spankompetisie te gaan deelneem.
Wicomb is vroeër vanjaar vir die vyfde keer gekies om Suid-Afrika in die buiteland te gaan verteenwoordig en is deel van die 75+ SA span. Die toernooi vind vanaf 10 tot 15 Maart plaas.
Oudtshoorn Courant wens hom alle sterkte toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’