TENNIS NUUS - Wesbank-tennisklub se spelers het hul klub se naam weer hoog gehou by die 2018 Eden Ope Seniors Tennistoernooi wat vanaf 17 tot 21 Desember 2018 in George plaasgevind het. Die toernooi het altesaam 147 spelers gelok.
Garnett Wicomb en Christine van Coller het hul Eden-enkelspeltitels behou, terwyl Van Coller en Rida Bester ook hul dubbelspeltitel suksesvol verdedig het.
Elmarie Lategan het tot die eindstryd in die 70+ enkelspel gevorder en saam met Elsabie Ferreira van Gauteng die dubbelspel gewen.
Hanlé Cronjé het derde geëindig in die 65+ enkelspel.
Wicomb het ook 'n tweede titel ingepalm het toe hy saam met Rusty Clement van die Westelike Provinsie die 70+ mansdubbels gewen het.
Van Coller het die 50+ enkelspeltitel gewen toe sy Anne Davies van Gauteng in die eindstryd met 6-3, 6-3 geklop het.
Sy en Bester het hul dubbelspeltitel behou deur al hul wedstryde te wen.
Wicomb het Rusty Clement in die eindstryd om die 75+ enkelspel met 7-5, 6-4 geklop nadat hy in die eerste stel met 2-5 agter was.
Hy en Clement het ook die 70+ dubbelspel na 'n taai eindstryd teen Bob Thomas en Mike Sage van die WP gewen.
Die telling was 6-4, 2-6, 7-6 (8-6).
Rusty Clement (links) en Garnett Wicomb. Foto verskaf
Elmarie Lategan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'