OUDTSHOORN TENNIS-NUUS - Twee lede van die Wesbank-tennisklub, Garnett Wicomb en Elmarie Lategan, is pas gekies vir die Suid-Afrikaanse seniors tennisspanne wat in September vanjaar aan die 39ste ITF Super Seniors Wêreldkampioenskap in Kroasië gaan deelneem.
Die kampioenskappe word van 15 tot 21 September in Umag, Kroasië aangebied.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Wicomb vir die 75+-span gekies word en Lategan se 10de keer.
Wicomb is tans die derde gekeurde in sy ouderdomsgroep, terwyl Lategan die tweede gekeurde vrou in dié groep is.
Christine van Coller en Rida Bester is die ander twee lede van die Wesbank-tennisklub wat in Augustus vir Suid Afrika in Portugal (Lisbon) aan die 50 + wêreld seniorkampioenskappe gaan deelneem.
Elmarie Lategan. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'