OUDTSHOORN NUUS - Die 11-jarige Zerwich Westraad het die afgelope naweek vanaf 4 tot 6 Maart in Gqeberha aan die Nelson Mandelabaai (TSA) Mini-tennistoernooi deelgeneem en die o.12-enkelspeltitel ingepalm toe hy vir Rowan Kieck in 'n taai eindstryd geklop het.
Zerwich, wat 2de gekeur was, het die eerste stel met 4-6 verloor, maar daarna skitterend teruggeveg om die tweede stel met 6-2 en die uitklopstryd met 13-11 te wen.
Hy het die kwarteindstryd met 6-1, 6-4 gewen en in die halfeindstryd vir Alexander Hurter van Gqeberha, met dieselfde telling geklop..
Volgens sy afrigter, Johann Koch, speel Zerwich nou eers 'n jaar en 'n half tennis wat sy prestasie besonders maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'