TENNISNUUS - Fourie Delport, leerder verbonde aan Laerskool Wesbank, het onlangs deelgeneem aan die Trio TSA Junior Mini-Masters tennistoernooi in Kaapstad.
Slegs die topses gekeurde spelers in die land in elke ouderdomsgroep kwalifiseer vir hierdie toernooi.
Fourie het algeheel in die vierde plek geëindig in die seuns o.12-enkelspelafdeling en is dus nou die vierde beste o.12-seun in die land.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’