OUDTSHOORN NUUS - Die vroue A-span en die mans B-span van die Wesbank-tennisklub het Saterdag hul onderskeie wedstryde in die ligakompetisie van die Eden- tennisvereniging oortuigend gewen.
Die vroue het die voorloper op die punteleer, Plettenbergbaai, met 4-1 geklop, terwyl die manspan met dieselfde telling teen Uniondale geseëvier het.
Die volledige uitslae is:
Vroue (1ste liga)
Wesbank A: 4, Plettenbergbaai A: 1.
Enkelspel:
Christine van Coller klop Monica Neethling 6-3, 6-1.
Karin Deltenre verloor teen June Schulz 5-7, 3-6.
Dubbelspel:
Rida Bester en Hanlé Cronje klop Sue Harvey en Liesel Fosbrook 6-3, 7-6.
Van Coller en Bester klop Harvey en Neethling 1-6, 6-2, 6-1.
Deltenre en Cronje klop Schulz en Fosbrook 6-2, 6-2.
Mans (2de liga)
Wesbank B: 4, Uniondale B: 1
Enkelspel:
Theunis Kruger klop Ben Stemmet 6-4, 6-1.
Marcel Petzer klop Nico le Roux 3-6, 6-3, 6-3.
Wesbank se Marcel Petzer wat Nico le Roux van Uniondale in 'n spannnende wedstryd met 3-6, 6-3, 6-3 geklop het. Foto's: Garnett Wicomb
Dubbelspel:
Corlu Nel en Paul Fouche klop Pieter-Matt Stemmet en OB le Roux 6-1, 6-4.
Nel en Petzer klop Nico le Roux en Ben Stemmet 6-3, 6-4.
Kruger en Fouche verloor teen Pieter-Matt Stemmet en OB le Roux 4-6, 4-6.
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'