Die volgende spelers is gekies vir die 60+ SWD A-bekerspan: Ronnie van't Hof (Knysna), Hein de Ridder (Beaufort-Wes), Anton le Roux (Hartenbos), Hanlé Cronje (Wesbank), Sonja Botha (George) en Maryna Olivier (Wesbank). Die volgende spelers is gekies vir die 70+ SWD B-bekerspan: Callie Matthee (Riversdal), Garnett Wicomb (Wesbank), Elmarie Lategan (Wesbank) en Christa Lategan (Wesbank).
Al die provinsies in Suid-Afrika, waarvan sommige ook in substreke opgedeel is, neem aan die kompetisie deel. Die kompetisie vind jaarliks plaas en is baie gewild onder ouer spelers. Sowat 160 spelers sal aan die kompetisie deelneem.
Danie Steyl, ondervoorsitter van Wesbank-tennisklub in Kerkstraat vertel dat enigeen wat nog nie lede van die klub is nie, uitgenooi word om by die klub aan te sluit. Sosiale wedstryde vind op Woensdae- en Saterdagmiddae vanaf 14:00 plaas. Daar sal van besoekende nie-lede wat op 'n gereelde basis van die klub se fasiliteite gebruik maak verwag word om as lede by die klub aan te sluit. Besoekers wat reeds drie keer aan aktiwiteite by die klub deelgeneem het en van voorneme is om in die toekoms daaraan deel te neem moet by die klub aansluit en ledegeld betaal.
Die klub is tans besig om 'n Junior Klub by die Wesbank-tennisklub op die been te bring. Skoolkinders kan as junior lede by die klub aansluit en ook op Woensdae- en Saterdagmiddae aan sosiale tennis in die junior groep deelneem. Om by die Junior Klub in te skakel, moet 'n speler minstens die basiese tennisvaardighede baas kon raak, weet hoe om telling te hou, wanneer om kante te ruil, wat die basiese etiket op die tennisbaan is, en die regte kleredrag aanhê.
Die Junior Klub fokus op genot van die spel, maar wel op 'n georganiseerde wyse. Die bestuurslid aan diens by die klub sal toesig hou oor die juniors se spel , die nodige indelings doen, balle voorsien en kyk dat die spel van die juniors ordelik verloop. Ouers wat hul kinders by die Junior Klub wil laat inskakel, kan Woensdae- of Saterdagmiddae vanaf 14:00 by die Wesbank-tennisklub aanmeld. Inligting en 'n aansoekvorms sal voorsien word.
Beginners wat nog basiese afrigting moet kry moet eers `n tennisafrigter kontak met die oog op verdere afrigting.
Vir inligting oor die Wesbank-tennisklub en sy aktiwiteite kan Louis Uys (voorsitter: 044 279 1659 / 082 835 8555), Danie Steyl (ondervoorsitter: 078 469 3727) of Liezl Vlok (sekretaresse: 044 272 8672 / 072 243 5251) gekontak word.

Die bestuur van Wesbank-tennisklub is, van links, Liezl Vlok (sekretaresse), Hugo van der Berg, Louis Uys (voorsitter), Tania Smit (tesourier), Danie Steyl (ondervoorsitter), Hanlé Kok, Ernst Kok (wedstrydsekretaris) en Hestia Burger en Edie Lottering (afwesig). Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'