OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die tweedeliga-mansspan van die Wesbank-tennisklub het Saterdag sy wedstryd in die kompetisie van die Eden-tennisverening teen George oortuigend met 4-1 gewen nadat die besoekers die eerste enkelspel gewen het.
Willem van Wyk het vir Philip Nel met 6-0, 6-3 geklop, maar dit was ook die span se enigste oorwinning van die dag.
Wesbank het hierna die tweede enkelspel asook die drie dubbelspelwedstryde ingepalm vir 'n goeie sege.
Die ander tellings is soos volg:
- Enkelspel
- Pietman Schoeman klop Adam Myburgh 6-2, 7-6
- Dubbels
- Louis Pienaar en Louis Uys klop Karl Smith en Jarred Meltz 6-1, 6-2
- Philip Nel en Louis Pienaar klop Willem van Wyk
- Karl Smith 6-4, 6-2; Pietman Schoeman en Louis Uys klop Adam Myburgh en Jarred Meltz 6-2, 6-2
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo news'