OUDTSHOORN NUUS - Drie lede van Wesbank-tennisklub en een voormalige lid is in die SA seniorspanne wat einde April en vroeg in Mei in Miami, Florida, aan die 2022 Wêreld seniors-tenniskampioenskappe deelneem.
Jacques de Beer van die 50+ mansspan en Christine van Coller, 'n voormalige lid van die klub wat tans in Hartenbos woon, is as kapteins van hul spanne aangewys terwyl Rida Bester in die 55+ vrouespan is.
Volgens De Beer is daar 24 spanne in sy afdeling met Amerika wat eerste gekeur is. In die 55+ vrouetoernooi sal 18 lande vanaf 1 tot 6 Mei mekaar die stryd aansê.
De Beer, Bester en Van Coller gaan ook daarna aan die individuele kampioenskappe in Palm Beach deelneem.
Elmarie Lategan is ingesluit in die 75+ vrouespan wat op die oomblik, van 24 tot 30 April, ook in Boca Raton, Miami, speel.
Christine van Coller in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'