OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die A-span van die Wesbank-tennisklub het sy onoorwonne status in die gemengde ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging Saterdag behou toe hy die span van Knysna oortuigend met 4-1 geklop het.
Die wedstryd is op Knysna gespeel en Wesbank se vierde agtereenvolgende oorwinning.
Die volledige uitslae is soos volg:
Eerste ronde
- Pietman Schoeman en Retha Matthee klop Ayanda Nontshinga en Deebra Hyde 7-6, 6-0.
- Jacques de Beer en Rida Bester klop William Rhodes en Mary-Anne Beviss 6-4, 6-3.
- John Marais en Christine van Coller klop Gert Beyleveld en Tessa Micic 6-4, 6-2.
Tweede ronde
- De Beer en Bester klop Nontshinga en Hyde 7-5, 7-5.
- Marais en Van Coller verloor teen Rhodes en Beviss 5-7, 3-6.
- Schoeman en Matthee klop Beyleveld en Micic 6-2, 7-6.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'