OUDTSHOORN NUUS - Twee tennisspanne van Eden het die afgelope naweek op Cradock as wenners in die jaarlikse Cradock-uitdaag uit die stryd getree.
Die spanne is die 200 A-span en die 260-span. Spanne van Eden, Oostelike Provinsie, Vrystaat en Grens het aan die toernooi deelgeneem.
Die Eden 260-tennisspan wat OP in die eindstryd geklop het is van links: Hanlé Cronje, Pietie van Zyl, June Smith, Ronnie van't Hof, Muller Klopper, Sonja Botha, Maryna Olivier en Ernst Kok.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'