OUDTSHOORN NUUS - Vier lede van die Wesbank-tennisklub het puik presteer by die afgelope SA nasionale seniors tennistoernooi in Bloemfontein.
Christine van Coller en Rida Bester het die 50+ vroue-dubbelspel gewen, terwyl Elmarie Lategan saam met haar Bolandse spanmaat, Petro Kruger, die 70+ vroue dubbelspel gewen het.
Van Coller en Lategan het ook albei tot die enkeleindstryd deurgedring, maar ongelukkig die onderspit gedelf.
Van Coller en haar gemengde dubbelspelmaat het ook tot die eindstryd van die gemengde dubbels deurgedring, maar dit prysgegee weens 'n enkelbesering wat haar maat opgedoen het..
Garnett Wicomb het in die halfeindstryd van die enkelspel vir mans 75+ teen Kobus De La Port in drie stelle verloor. Wicomb en Van Coller is volgens die nuutste ranglys van Tennis Suid Afrika albei in die eerste plek in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Garnett Wicomb saam met Kobus De La Port teen wie hy in die halfeidstryd met 7-6, 6-7, 2-6 verloor het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'