OUDTSHOORN NUUS - Die Wesbank-tennisklub bied oor die naweek van 12 en 13 April weer ‘n dubbelspeltoernooi aan waarvoor enige tennisspeler kan inskryf.
Die inskrywingsgeld beloop R300 en sluit ‘n aandete, verversings en ‘n middagete in.
Volgens die organiseerder, Jacques de Beer, sal maats aan spelers toegedeel word wat nie ‘n eie maat het nie en spanne sal spanne volgens sterkte in twee afdelings meeding.
Die toernooi begin op Vrydag 12 April om 14:00 en eindig die volgende dag met die prysuitdeling om 16:00.
Volgens De Beer kan deelnemers hulle klaarmaak vir ‘n naweek se lekker tennis en samesyn met talle pryse wat op die spel is.
Spelers kan nog tot 5 April inskryf deur De Beer by 082 897 8262 te kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’