OUDTSHOORN TENNIS NUUS - Die 14-jarige Liebe Oosthuizen van Langenhoven Gimnasium, het oor die naweek van die 26 en 27 Januarie op George die Eden TSA mini o.18-meisiesenkelspeltitel gewen.
Oosthuizen, een van Oudtshoorn se belowendste jong tennisspelers, word afgerig deur JK Koch en Tielman Meyer.
Sy is opgeneem in die Eden o.15-span wat volgende maand in Bloemfontein aan die jaarlikse interprovinsiale-tennistoernooi vir juniors gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'