OUDTSHOORN TENNIS NUUS - Christine van Coller, Rida Bester en Elmarie Lategan van die Wesbank Tennisklub het van 10 tot 13 Januarie 2019 aan die Cape Seniors Tennistoernooi in Kaapstad deelgeneem.
Van Coller en Bester het hul vroue dubbelspel-titel in die oor 50 ouderdomsgroep behou deur Wendy Gyser en Gretchen Ryan van die WP in die eindstryd met 7-6, 6-0 te klop.
Van Coller het ook saam met Warrick Dreyer van die Boland die gemengde dubbels gewen. Hulle het Stephen Hansen en Debra Hyde in 'n spannende eindstryd met 4-6, 6-1 10-5 geklop.
Bester het in die enkelspel-eindstryd van die oor 45-groep met 4-6, 4-6 teen Jacky Jones verloor, terwyl Van Coller in die uitspeelstryd om die 3de plek vir Carin Goody van Boland met 6-1, 6-1 verslaan het.
Elmarie Lategan het in die enkelspel-eindstryd vir vroue oor 70 met 4-6, 4-6 teen haar dubbelspelmaat, Petro Kruger (Boland) verloor.
Dié twee het egter die bordtjies verhang toe hulle Anita Robertson en Carole Fallows van die WP in die dubbelspel met 6-3, 6-3 gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'