OUDTSHOORN TENNISNUUS - Liebe Oosthuizen (17), 'n leerder verbonde aan Langenhoven Gimnasium, het nog 'n enkelspeltennistitel agter haar naam geskryf toe sy die Eden Mini Masters-tennistoernooi met 'n oorwinning van 6-4, 6-0 oor Anika Kleinhans in die eindstryd gewen het.
Die toernooi het op 3 en 4 Desember in George plaasgevind.
Oosthuizen het in Oktober vanjaar ook die KZN Ethekwini ProKennex Grand Prix in Durban gewen waar sy Nina Schimper in die eindstryd verslaan het.
Liebe is volgens haar afrigter, Pieter van der Walt, tans 18de op die Suid-Afrikaanse ranglys vir meisies onder 18 jaar en beoog om in 2023 in die VSA te gaan studeer en terselfdertyd haar tennis na die volgende vlak te neem.
Sy sê haar gunsteling tennisspeler is die Amerikaner, Serena Williams.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'