OUDTSHOORN NUUS - Deelnemers van Mosselbaai het die spanne van Oudtshoorn en Sedgefield onthaal en 'n opdraande stryd gegee in die wedstryde wat deel gevorm het van die sesde Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees.
Rolina Lerm (72) van Oudtshoorn, het die jonger spelers goed rondgejaag op die pluimbalbaan, maar uiteindelik het Wessel van der Westhuizen van Mosselbaai die kroon gespan as die beste speler met die meeste punte.
Die mans wat benewens Van der Westhuizen puik presteer het, was Attie Henning (Mosselbaai), Pietie Peterson (Oudtshoorn), Jacques Oberholser (Mosselbaai), Jaco van der Westhuizen (Sedgefield), Corwin Henning (Mosselbaai) en Juan van Rooyen (Oudtshoorn).
Die vrouedeelnemers wat besonder goed presteer het, was Nadeen Coetzee (Sedgefield), Elaine Stipp (Mosselbaai) Melissa van Rooyen (Oudtshoorn) en Rolina Lerm (Oudtshoorn).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'