OUDTSHOORN NUUS - Die vroue A-span van die Wesbank-tennisklub het Saterdag in George die A-span van die George-tennisklub in die 2024-ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging oortuigend met 4 - 1 geklop.
Die klub se mans het egter in 'n taai kragmeting in Oudtshoorn die onderspit teen George se A-span gedelf.
George het met 4 - 1 koning gekraai met die twee Van Rensburg-broers, Clayton en Dillon (16), wat die twee groot uitblinkers was.
Die volledige uitslae is soos volg:
Vroue
Wesbank 4, George 1
Enkelspel
• Madri van Wyk klop Annalise Potgieter 6 - 0, 6 - 0;
• Tamaré Stewart verloor teen Lizelle Fourie 2 - 6, 6 - 2, 0 - 6.
Dubbelspel
• Retha Mathee en Rida Bester klop Harriet Brummd en Christine Gous 6 - 0, 6 - 0.
• Madri van Wyk en Retha Mathee klop Annalise Potgieter en Harriet Brummd 6 - 2, 6 - 1.
• Tamaré van Wyk en Rida Bester klop Lizelle Fourie en Christine Gous 6 - 2, 6 - 4.
Mans
George 4, Wesbank 1
Enkelspel
• Clayton van Rensburg klop Marcel Petzer 6 - 1,6 - 0;
• Dillon van Rensburg klop Josh Daniel 6 - 1, 6 - 4.
Dubbelspel
• Willie Breytenbach en Freddie Lötter verloor teen Jacques de Beer en Pietman Schoeman 2 – 6, 3 - 6.
• Willie Breytenbach en Clayton van Rensburg klop Marcel Petzer en Pietman Schoeman 6 - 2, 6 - 3.
• Dillon van Rensburg en Freddie Lötter klop Josh Daniel en Jacques de Beer 6 - 4, 3 - 6, 7 - 6.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’