OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die Wesbank-tennisklub het gemengde sukses in die eerste wedstryde in die 2019 ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging behaal.
Wesbank se eersteliga-mansspan het Saterdag op Oudtshoorn die nuwe Great-tennisklub van George met 4-1 geklop, terwyl die klub se tweedeliga mansspan met 5-0 teen Beaufort-Wes gewen het.
Die eersteliga-vrouespan het hul eerste wedstryd net-net met 2-3 teen dié klub verloor.
Die volledige uitslae van die wedstryd tussen die twee eersteliga mansspanne is soos volg:
Wesbank-tennisklub klop Great met vier oorwinnings teenoor een.
Marcell Petzer verloor teen Charl Vos 6-4, 5-7, 2-6
Dirk Potgieter klop Julian Pretorius 6-4, 6-4
Jacques de Beer en Phillip Nel klop Louis Willerd en Gerhard Koen 6-3, 6-2
Petzer en Nel klop Vos en Koen 6-2, 6-3
Potgieter en De Beers klop Pretorius en Willerd 7-6, 6-3.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'