OUDTSHOORN TENNISNUUS - Jacques de Beer en die 14-jarige Bernard Smit is verlede Saterdag as die Wesbank-tennisklub se enkelspelkampioene vir 2021 gekroon.
De Beer het met skitterspel gewys waarom hy vir Suid-Afrika gekies is om later vanjaar in Kroasië aan die wêreldseniorskampioenskappe te gaan deelneem toe hy die jonger Josh Daniel in ‘n spannende eindstryd met 6-3, 6-3 geklop het.
Die wedstryd is gekenmerk aan lang sarsies houe, grotendeels vanaf die agterbaan.
Smit het die B-afdeling gewen toe hy Leroy Colyn na ‘n titaniese stryd wat byna drie ure geduur het, met 6-4, 6-7 en 6-4 verslaan het.
In die mansdubbelspel eindstryd het De Beer en Daniel vir Phillip Nel en Louis Uys met 6-2, 6-3 geklop.
Bernard Smit.
Josh Daniel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'