KAROO TENNISNUUS - Die 13-jarige Anande de Waal het onlangs in George aan die Eden Sport Centre Mini vier-tennistoernooi deelgeneem en die enkel- sowel as die dubbelspel, vir meisies o.14 gewen.
In die enkelspel het sy in die eerste rondte vir Lyndseigh Muller met 6-2, 6-3 geklop, en daarna ook met Lisa Smith (6-3, 6-4), en Lisa-Mari du Toit (6-3, 6-0) afgereken.
In die dubbelspel het sy saam met Emma Pfeifer gespeel. Hulle het Nicolize Keller en Mialize Wessels met 6-2, 6-1 geklop en vir Lyndseigh Muller en Kaelin Mollentze met 4-6, 6-2, 10-5.
Anande word deur Johann Koch en Tielman Meyer afgerig.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'