TUINROETE NUUS - Bykans 150 inskrywings van so vêr as Johannesburg is ontvang vir die 2018 Eden Ope Seniors Tenniskampioenskap wat van Maandag 17 tot Vrydag 21 Desember in George deur die Eden-tennisvereniging aangebied word.
Die wedstryde word op die bane van die George-tennisklub en PW Botha Kollege gespeel, en spel begin daagliks om 08:00.
Daar kan weer uitgesien word na goeie tennis met van die beste veteraanspelers wat mekaar weer behoorlik sal opdreun.
Toegang is gratis en die publiek is welkom om die wedstryde by te woon.
Vir meer besonderhede kan die sekretaris van die vereniging, Danie Steyl by 078 469 3727, of die voorsitter en toernooidirekteur, Debra Hyde by 082 396 7500, geskakel word.
Die toernooi is 'n ranglystoernooi van Tennis Suid-Afrika (TSA).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'