OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse o.15-rugbyspan wat onlangs deelgeneem het aan die nasionale skolesportkampioenskappe in Benoni (Johannesburg), het in al vyf hul wedstryde die vloer met hul opponente gevee en die toernooi onoorwonne afgesluit.
Die departement van kultuursake en sport het hierdie toer moontlik gemaak met sommige van die spelers wat ook ministeriële beurse ontvang het.
Jowandré Stuurman (Hoërskool Protea, Oudtshoorn), Deveno Bernardo (Knysna Sekondêr) en Jeriqo Gelant van Soa Bras Sekondêr in Mosselbaai, was die spelers van Eden wat die span verteenwoordig het. Berty Hendricks van Oudtshoorn was die hulpafrigter van die span
Die uitslae is as volg:
- Wes-Kaap wen Oos-Kaap 38 - 0
- Wes-Kaap wen Noord Wes 40 - 5
- Wes-Kaap wen Mpumalanga 88 -0
- Wes-Kaap wen Limpopo 36 -5
- Halfeindstryd
- Wes-Kaap klop KZN 15 - 0
Eindstryd
- Wes-Kaap klop Noord Kaap 36 -3.
Jeriqo Gelant (Soa Bras Sekondêr).
Jowandré Stuurman (Hoërskool Protea, Oudtshoorn).
Jowandré Stuurman (Hoërskool Protea, Oudtshoorn). Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'