OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Sedert pres. Cyril Ramaphosa twee weke gelede die aanbieding van alle sportsoorte in Suid-Afrika weens die gevreesde koronavirus verbied het, moet baie sportliefhebbers noodgedwonge droëbek by die huis sit.
Veral rugbyondersteuners voel die 21 dae inperking behoorlik aan hul bas, want teen dié tyd sou die manne op die rugbyveld mekaar al behoorlik opgekeil het.
Een van die groot uitdagings van baie klubs is hoe om hul spelers gedurende hierdie tyd fiks te hou.
Wyndham Ewerts, sportjoernalis van die Oudtshoorn Courant het 'n paar vrae aan die afrigters en bestuurslede van Oudtshoorn se voorste rugbyklubs wat onder die SWD-rugbyunie se vaandel meeding gestuur.
Damon Gysman
Monroe Wilkens
Marius Mei
Eldridge van Dyk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'