Die span kan egter steeds tevrede voel met hul vertonings. In hul eerste wedstryd het SWD die Valke oortuigend met 37-0 geklop. Daarna het hulle met 15-elk gelykop gespeel teen Grens A.
Sestien spanne het aan die toernooi deelgeneem aan die Saru o.16 Dogters Rugbytoernooi wat verlede week op die velde van Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn ten einde geloop het.
WP is die enigste span wat die toernooi onoorwonne kon afsluit, met oorwinnings van 24-5 oor OP, 43-0 oor Grens B en 34-7 oor Grens A.
SWD se afrigter, Elize Arendse vertel dat vrouerugby vinning besig is om in die streek te groei. Hul voorbereiding vir die toernooi is egter gekortwiek deurdat vrouerugby nog nie deur veel skole beoefen word nie.
"Daar is meisiespanne wat gereeld in George, Knysna en Pacaltsdorp meeding. In Oudtshoorn moes ons maar van skool tot skool gaan om talent te identifiseer." Arendse het wel vertel dat hulle ook aan sewestoernooie deelneem om die meisies meer blootstelling aan die sport te gee.
Arendse is onderkaptein van die SWD Arende se senior vrouespan. Hul volgende wedstryd is op 3 Augustus teen Grens.

SWD se o.16 Dogters-span is H.Snyman, S.Jansen, R.September, P.Pergrim(k), F.Khumalo, A.Jaftha, J.Abrahams, S.Malight, N.Solomons, Z.Josephs (o/k), F.Gossling, J.Murphy, R.Jansen, M.Andrews, S.Plaatjies, H.Olieslager, C.Jacobs, G.Witbooi, J.Gertse, M.Rittles, L.Minnie, L.Terblanche en J.Quine. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'