OUDTSHOORN NUUS - Die Landelike Voetbalunie het Saterdag 'n suksesvolle Uniedag by die Oudtshoorn-sportterrein aangebied.
Verskeie rugbyspanne van omliggende dorpe het vanaf die oggend tot die middag wedstryde gespeel.
Kavaliers van Groot Kraal het in die finale wedstryd teen Kruisrivier geseëvier en in die proses 'n kontantbedrag van R500 gewen.
Die naaswenners, Kruisrivier, het R200 ingepalm. Brendon Lawrence, organiseerder van dié dag, het die spanne geloof vir die goeie sportmanskapgees wat regdeur die dag gehandhaaf is.
Lawrence het ook Norman Oktober (voorsitter van die Karoostreek) bedank vir die rol wat hy gespeel het om te verseker dat dié dag realiseer. 'n Medaljedag sal ook op 21 September deur die Landelike Voetbalunie by die Oudtshoorn-sportterrein gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'