OUDTSHOORN NUUSFLITS - Bridgton het op sy tuisveld die krane behoorlik oopgedraai in hul oortuigende oorwinning van 63-7 oor Maori's.
Vir die wenspan is Bradwin Wanies (regter-vleuel, 4), Grahame September (skrumskakel), Algernon Waarts (agtsteman), Jolin Saptou (flank), Stephan Malan (plaasvervanger-slot) en Wayne Julies (plaasvervanger-flank) oor vir drieë. Anver Venter (heelagter) slaag met vyf doelskoppe, Gino van Vuuren (losskakel) klits drie doelskoppe oor en Adrian Booysen (binne-senter) slaag ook met 'n doelskop.
Bridgton se tweedespan het in die hoofvoorwedstryd met 41-7 geseëvier oor Maori's se tweede span. Vir Bridgton se naasbestes het Hershelle America (buitesenter), Duzille Avontuur (linkervleuel), Blaine James (agtsteman), Lee Henry Meyer (plaasvervanger-vleuel) en Wayne Julies (plaasvervanger-flank), gaan druk. Joseph Saptou (losskakel) het met slaag met vier doelskoppe en 'n strafdoel geslaag.
Bridgton se derdespan het met 42-0 teen Maori's gewen. Adian Murphy (agtsteman), Andile de Vos (vaskopstut), Cheslin Wagenaar (plaasvervanger-flank), Andre Willemse (plaasvervanger-vleuel) en Anrich Daniels (buitesen-ter), het gaan druk. Merkayvin Michaels (heelagter) slaag met vyf doelskoppe en Jean-dre Piedt (binnesenter) klits ook 'n doelskop oor.
Die tafel is byna gedek vir Saterdag 19 Augustus halfeindstryde. Die nommer een klub op die punteleer, speel tuis teen die klub wat vierde lê. So speel die nommer twee klub op die punteleer teen die een in die derde posisie. Met al 10 klubs wat 17 wedstryde agter die rug het en slegs een oor het, behalwe vir die top vier klubs, om die seisoen af te sluit, is Progress met sy 76 punte verseker van 'n tuis halfeindstryd.
Bridgton (65 punte), Evergreens (61 punte) en Barbarians (60 punte) is ook verseker van hul plekke in die twee halfeindstryde. Die speelveld vir die ander halfeindstryd sal egter die komende naweek bepaal word.
Met Bridgton wat weg teen Crusaders speel, tweede op die punteleer lê en 'n vierpunt voorsprong voor Evergreens het, dui alles daarop dat die Oudtshoorniete voor 'n tuisskare gaan speel om 'n plek in die 26 Augustus-eindstryd op Outeniquapark in George.
Crusaders lê sesde op die punteleer en kon sover slegs agt van hul 17 wedstryde wen. Bridgton het die voordeel dat hulle 12 keer ge-wen het en twee wedstryde gelykop gespeel het.
Saterdag se wedstryd tussen Evergreens en Barbarians beloof om 'n rillerstryd te wees. Hierdie wedstryd sal bepaal wie van hulle onderskeidelik teen Progress en Bridgton te staan gaan kom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'