OUDTSHOORN RUGBY NUUS - Hy is baie trots daarop dat hy al die Webb Ellis-trofee in sy hande gehad het.
So sê die plaaslike inwoner Anthony Wagenaar. Hy het die eindstryd Saterdag saam met talle ondersteuners in die Wicit-sportkroeg gekyk en elke keer wanneer die Bokke punte aangeteken het daarmee in die lug gespring.
Wagenaar sê hy was in 1995 lid van die SWD o.18 Cravenweekspan wat in Bloemfontein aan daardie jaar se Cravenweek deelgeneem het.
Die Springbokke het met die Webb Ellis trofee getoer na hul oorwinning oor die All Blacks in Johannesburg en ook in Bloemfontein aangedoen.
"Dis daar waar ek die geleentheid gehad het om daai stukkie goud in my hande vas te hou en die foto is van my kosbaarste besittings," sê Wagenaar trots.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'