Sowat 500 seuns en dogters van Bongulethu, Protea Primêr, Colridge Primêr, Saturnus Primêr, Sacret Heart, Bergsig, De Villiers, PJ Badenhorst, St Konrad, Dysselsdorp, Dirk Bos-hoff en Gamka-Oos het deelgeneem.
De Villiers Primêr is as die uiteindelike wenners van die toernooi gekroon en Gamka-Oos kon wegstap met die kroon as dogters wenners.
Die spanne neem vandag deel aan streekfinale in George, op Outeniquapark, teen die wenners van Mosselbaai, George, Conville en Knysna.
Volgens Berty Hendricks wat vanjaar vir die derde jaar as Oudtshoorn-koördineerder vir die projekte optree, word hard agter die skerms deur afrigters gewerk.
"Dit is die eerste keer dat ons `n Let's Play-toernooi aangebied het, maar ons afrigters is voortdurend betrokke by plaaslike hoër- en laerskole," het Hendricks vertel.
Volgens Hendricks het verskeie ouderdomspanne van die dorp reeds aan toernooie deelgeneem in die sewes en 15-man kodes en 'tag'-rugby.
Die kannetjies speel met passie.
'n Flinke speler hardloop onder sy teenstanders uit.
Daar was nie 'n tekort aan aksie nie.
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'