Gallery
RUGBY NUUS - Heidelberg het in sy wegwedstryd teen die voorlopers in die Super A-liga, Evergreens, gewys dat hulle vanjaar beslis weer met die groot honde in dié liga gaan saamdraf.
Evergreens het dié taai kragmeting naelskraap met 26 - 25 gewen.
Die tuisspan het van die afskop af die krane oopgedraai en Heibi vroeg onder druk geplaas. Beide spanne het deurgaans aanskoulike rugby gespeel en die toeskouers beslis waarde vir hul geld gegee.
Evergreens se tweede en derde spanne het ook oorwinnings behaal. Sy B-span het met 38 - 28 gewen en sy C-span met 33 - 18.
FOTOGALERY: Taai wedstryde teen Evergreens
Marselino Manho probeer deur Evergreens se verdedigers storm met die bal onder sy arm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’