OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se rugbspanne is hard besig om voor te berei vir die onderskeie Premier-, Presidents, en Karooliga wat reeds Saterdag 3 Maart afskop.
Verskeie vriendskaplike wedstryde is die afgelope paar weke gespeel as deel van die spanne se oefening vir die 2018-ligarugby.
Die afgelope naweek het All Blacks teen Harlequins en Bridgton teen Blanco kragte gemeet.
Die SWD-rugby se Presidentsliga skop op Saterdag 3 Maart af.
Die Premierliga aksie begin op Saterdag 10 Maart.
Op 3 Maart speel slegs Collegians en Baufort-Wes in 'n Presidentsligawedstryd.
Agt wedstryde is vir 10 Maart geskeduleer.
All Blacks se Damian Januarie dryf met die bal. INLAS: Enrick Jonkers van All Blacks ontglip 'n teenstander. Foto's: Ebenezer Titus
Die wedstryde is (tuisspanne eerste):
- Presidentsliga
- Harlequins teen Uniondale
- Spring Roses teen All Blacks
- Willomore teen Willing Hearts
- Premierliga
- Progress teen Blanco
- Maori's teen Groot-Brakrivier
- Crusaders teen Bridgton
- Barbarians teen Evergreens
- Heidelberg teen Silver Stars
Blanco-spelers bring 'n Bridgton voorspeler grond toe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'