RUGBY NUUS - Rugby se fynproewers en foutsoekers sal die naweek skouer aan skouer langs mekaar stelling inneem om te kyk hoe Suid-Afrika en Nieu-Seeland se spanne in die Superreeks teen mekaar opweeg.
Die Lions, die Stormers en die Sharks se vertonings sal met dié van die voorste Nieu-Seelandse spanne vergelyk word wanneer die eerste uitklopwedstryde regstreeks op televisie uitgesaai word.
Ná die reeks prestasies wat Suid-Afrika se atlete die afgelope weke ingeryg het, kry die SA swemmers ook nou kans om 'n klompie medaljes by die wêreldkampioenskappe in Boedapest bymekaar te maak.
Dié byeenkoms, Diamantliga-atletiek in Monaco, die einde van die Tour de France-fietsry en die vertonings van verskeie SA gholfspelers in die Britse Ope is van die ander warm sport wat dié naweek uitgesaai word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'