Volgens Kalbas Nell, die span se afrigter, het hulle die wedstryd teen George Hoërskool gespeel en is hulle deur SWD-ontwikkeling vir die spesiale geleentheid genooi.
"Die seuns het baie mooi karakter getoon. Hulle het in nat en koue weer gespeel en teen halftyd was hulle 24-3 agter.
Die tweede helfte het baie beter gelyk en Sebastian le Roux (haker) en Viviers Strauss (losskakel) het elkeen 'n drie gedruk. Daar is ook 'n strafdrie toegeken wat deur Ruben Crouse (slot) verdoel is. Die eindtelling was 29-20 in George se guns," het hy gesê.
Nell het verder gesê dat hulle Martin de Vos van SWD-ontwikkeling wil bedank vir al die reëlings en die groot geleentheid om die wedstryd te kon speel.

Die o.16B-rugbyspan van Langenhoven Gimnasium het verlede Vrydag die openingswedstryd tussen die SWD Arende en die Noord-Wes Luiperds op Ou-teniquapark in George gespeel.Foto: Echard Kuhn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'