BEAUFORT-WES NUUS - Harlequins Magte het die afgelope naweek 'n wegholoorwinning van 72-10 oor die span van Beaufort-Wes behaal.
Die rustydtelling was 30-0.
Harlequins het behoorlik amok gemaak en in die drieëfees 11 keer gaan druk. Uitblinkers vir Harlequins onder die voorspelers was Le-Clue Barnard, Pieter Mars, Jeswin Booysen, A Fielies en A Vister. Agterlangs het die heelagter, Heinrich Agulhas, Gunter Booysen en Marchelino Meyer baie goeie spel gelewer. Veral Agulhas was gevaarlik as hy van agter af begin hardloop het.
Die senter, Hyran Albert het ook uitgeblink.
Vir Harlequins het R Witbooi (3), S Wright (2), Agulhas, Meyer, Booysen, Barnard, R Jantjies en D Robertson die drieë gedruk. Agulhus het met vier doelskoppe en 'n strafskop geslaag en Meyer het ook met drie doelskoppe geslaag.
Beaufort-Wes het Harlequins se B-span met 24-10 geklop.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'