OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Quewi Lucas, kaptein en buitesenter van Hoërskool Môrester se o.15-rugbyspan, is in die SWD o.15 Iqhawe-weekspan opgeneem.
Die span gaan vanaf 29 September tot 5 Oktober aan die Nasionale SA Rugby Legends Iqhawe-week in Johannesburg deelneem.
Berty Hendricks, die spanbestuurder, sê Lucas is ook Maandag as die beste senter tydens die Vuka-toernooi wat in George plaasgevind het gekies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'