OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Harlequins-vrouerugbyklub is dringend opsoek na vrouespelers om hul span te verteenwoordig in die Oudtshoorn Landelike Voetbalunie-liga se eindstryd teen hul eweknieë van Departement van Korrektiewe Dienste.
Die wedstryd word Saterdag op die Bridgton-sportterrein gespeel.
Oefeninge is vanaand en Donderdagaand om 18:00 op die Weermag-veld.
Vervoer vir gewillige spelers is vanaf 17:30 vanaand by die toring in Toekomsrus, Bongolethu-sirkel, Volkskerk, Bridgton UCC Kerk en Blou Deure beskikbaar.
Kontak 081 575 6887 vir enige inligting.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'