OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Vier plaaslike rugbyspanne, All Blacks, Spring Roses, Adias en Harlequins het Saterdag opwarmingswedstryde ter voorbereiding van die SWD-rugbyliga gespeel wat amptelik op 7 Maart afskop.
Dié wedstryde het by die Bridgton Senior Sekondêr se rugbyveld plaasgevind en is deur talle toeskouers bygewoon. Alhoewel dit 'n snikhete dag was, het die spelers nie teleurgestel nie en gewys dat daar 'n vinger-lek-lekker rugbyseisoen vir die jaar voorlê.
Hierdie wedstryde het ook die afrigters van die onderskeie klubs 'n geleentheid gegee om hul spanne se wedstrydfiksheid, kombinasies en tegniese tekortkominge vroegtydig te identifiseer. Die wedstryd tussen Spring Roses en All Blacks moes in die tweede helfte weens 'n geweldsvoorval gestaak word. (Berig op voorblad).
All Blacks en Spring Roses speel in die Super B-liga, terwyl Adias en Harlequins in die C-liga meeding. Bridgton-rugbyklub is Oudtshoorn se enigste verteenwoordiger in die A-liga.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'